TEL: 012 809 0186 | MOBILE: 083 376 1609

HOME
SERVICES
FACILITIES
MEET THE TEAM
MEMORIALS
CONTACT US
HOME
SERVICES
FACILITIES
MEET THE TEAM
MEMORIALS
CONTACT US
More
  • HOME
  • SERVICES
  • FACILITIES
  • MEET THE TEAM
  • MEMORIALS
  • CONTACT US
  • HOME
  • SERVICES
  • FACILITIES
  • MEET THE TEAM
  • MEMORIALS
  • CONTACT US

VETLAND PAYS TRIBUTE

04/01/2022

TONETTE VAN ZYL

   

Ons Liefste Nettie met die sagste en mooiste persoonlikheid. Ons gaan jou verskriklik mis my ou Girl. Jy los 'n groot leemte vandag in ons harte. Rus sag Girl. Liefde.

24/12/2021

BERRY CALMEYER

To our dearest Berry, thank you for your unconditional love and loyalty! We love you and miss you❤

14/09/2021

MUFFET VAN ECK

   

Muffet, we will never forget you. Thank you for all the cuddles. Forever in our hearts. 

13/08/2021

LAILA HAUTER

 "No matter how little money and how few possessions you own,  having a dog makes you rich!"   Louis Sabin.        

Du hast dich in unserem Leben verlassen, aber für immer in unseren Herzen.  

15/04/2021

NIMO VAN SCHALKWYK

23 Jaar van vreugde en net liefde!!
Rus sag Nimo. 

TOESIE SNYDERS

24/03/2021

  

Liefste ou Toesie, dankie vir al die mooi herinneringe die afgelope jare.. Dankie dat jy daar was in my oomblikke van blydskap en smart.. Dankie dat jy soms net teen my opgespring het of gekrap het om jou liefde te bewys.. Al was jy so verskriklik siek het jy nooit op gegee om my te wys hoe lief jy my het nie..

Deur al jou terugslae was jy nog steeds 'n ou vegtertjie. Ongelukkig het jou stryd nou op 'n einde gekom.. Hoe ek weer sal kan aangaan weet ek nie.. Ek mis jou met my hart en siel.. Jy was maar net altyd daar.... Ek sal jou ou lyfie en mooi geardheid altyd onthou.. Jy was op die aarde om my 'n les te leer.. Rus sag my woefie.. Ek hoop om jou weer te sien.. Lief jou met hierdie ou hart en siel.. Rus sag...


Wat 'n klein champion! Jy het jou hart uitgeveg tot die bitter einde ou woefie! Ons harte is seer en vol, so dankbaar dat ons jou laaste paar ure saam met jou kon spandeer. Jy het soveel oorkom met soveel deurnis. Nooit gekla of gemoun nie, al het jy soveel pyn gehad. Dankie vir soveel mooi jare... Die kleinste woef net die leeu hart. Jy is 'n legend.


Woela, klein Toesie, ons gaan jou dearly mis. Rus nou sag en lekker, tot ons weer sien. Ek is so trots op jou. 

ASH BRITS

16/03/2021

My liefste Ashie,

Jy was die stoutste katjie, maar die heel mooiste katjie...

Jy het my moedeloos gemaak, grys gemaak. 05:00 in die oggend het jy my neus gekap om my wakker te maak. Ek weet nou nog nie hoekom nie, want jy het inelkgeval net by die oop deur uitgehardloop. Ek kon seker net nog so bietjie geslaap het?

Jy het my elke keer laat skrik as jy 'n slang eet asof dit spaghetti is, of as jy 'n springhaas vang en by my kom "brag".

Jy het my laat lag as jy met jou rugby-bal-lyfie iewers heen hardloop. Jy het my jaloers laat voel as jy maak of jy na my toe stap, maar dan vang jy eweskielik so wye draai verby my. Jy het my bly laat voel wanneer ek 'n nap op die bank vang en jy langs my kom lê het. Jy het jou lyfie so lekker uitgestrek en dan het ek nie eers plek gehad om te lê nie. Ek mis dit.

Die beste deel van my dag was om by die huis in te stap en dan skree jy so kliphard. Dit was nie eers omdat jy bly was om my te sien nie! Dit was net omdat jy so opgewonde was om jou stink swiets te kry.

My liefste Ash, jy was vir 10 jaar die beste deel van my lewe. Soos ek gesê het, het jy my moedeloos gemaak, grys gemaak, wakker, bang, skrik, jaloers, laat giggel, en mal gemaak, ens.

Maar wat ek altyd van jou sal onthou is, jy het my gelukkig gemaak. 

Ek mis jou vettie, en ek is baie lief vir jou 


Copyright © 2022 vetland animal hospital - All Rights Reserved.